Inleiding tot die Bybel

Die Bybel


Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2 Tim 3:16-17)

Voordat ons die Bybel begin bestudeer: Wat is die redes hoekom dit nodig is om die Bybel te lees en te verstaan? Dan ook, wat is die voordele wat dit inhou? Hierdie vrae se antwoorde kan ons uit die Bybel self kry.

Belangrikheid van die Bybel

Die Bybel is die openbaring van God aan die mens aangaande Sy wil vir die skepping en die ewige lewe. Dit is die Woord van God, geïnspireer deur God en opgeteken deur verskeie mense. Wanneer ons die Bybel lees merk ons telkens en herhaaldelik vyf motiewe van openbaring op:
Die karakter van God.
Die straf vir sonde en ongehoorsaamheid. 
Die seëninge vir geloof en gehoorsaamheid.
Die Here Verlosser en die opoffering vir sonde. 
Die koninkryk en glorie wat kom.


Wat sê die Bybel van die Bybel

Die woord van die Here is volmaak en betroubaar (Psa. 19:8.). In (Pro. 30:5,6) skryf Salomo dit is sonder foute. Die Bybel is volledig, so lees ons in (Rev. 22:18,19). Dit is gesaghebbend en finaal (Ps. 119:89).
Paulus skryf aan Timoteus dit is voldoende (2 Tim 3:16,17). Dit wat belowe word sal tot uitvoering kom (Isa 55:11) en (John 8:47) verskaf versekering van ons verlossing.
Dit is die oorsprong van waarheid (John 17:17). Hier sê Jesus self God se woord is waar. Waarheid is een van God se eienskappe. Omdat God die waarheid is, kan Sy woord niks anders as die waarheid wees nie. 

Voordeel om die Bybel te bestudeer

Dit is die oorsprong van God se seën (Luk 11:28)
Dit is die oorsprong van oorwinning (Eph 6:17)
Dit is die oorsprong van die mag van God om te red die wat glo (Rom 1:16) 
Dit is die oorsprong van begeleiding (Ps 119:105)

Ons reaksie op die Bybel

Glo dit (John 6:68-69) 
Eer dit (Job 23:12) 
Liefkoos dit (Ps 119:97)
Gehoorsaam dit (1 John 2:5)
Bewaak dit (1 Tim 6:20) 
Baklei vir dit (Jude 1:3) 
Verkondig dit (2 Tim 4:2) 
Studeer dit (Ezra 7:10)

Waar kom die Bybel vandaan?

 


No comments:

Scroll to top