Karakter van God
God is telling us and teaching us about Himself in Scripture. God is “the Supreme Being; the Creator and Ruler of all that is; the Self-existent One who is infinite, perfect and unchangeable in all His Nature, Character and Attributes”
There is only one true living God, one in essence, eternally existing in three Persons – Father, Son and Holy Spirit.
God is in al Sy karaktereienskappe volmaak (Matt 5:48). Al Sy eienskappe is gelyk. As gevolg van hierdie volmaakte balans, kan ons nooit een eienskap bo die ander stel nie. Dit is onmoontlik, want God is God.
Indien so iets wel moontlik kon wees, mag liefde miskien geregtigheid oorheers en lankmoedigheid moontlik onderdruk word. Dit kan maak dat die koms van Jesus verhaas word, maar dan beteken dit dat nie almal die Boodskap gaan hoor nie. Nou is dit nie meer regverdig nie. Wie word gered?
Van ewig tot ewig, onveranderlik is ons God (Job 23:13).
Ps 117
Prys die Here, alle nasies, loof hom, alle volke,
want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here
is daar geen einde nie.
Prys die Here!
Liefde is deel van God se karakter (2 Co 13:11). Wat 'n belofte. Hy is nie net die God van liefde nie, dit strek heel verder. God sal ook by ons bly.
In (1 Jo 4:8) kry ons die versekering "God is liefde". Terselfde tyd is daar ook 'n ernstige waarskuwing: As jy God nie ken nie, het jy nie liefde nie.
Die liefde van God word op verskeie maniere aan ons beskryf in die Bybel.
Sy liefde is groot, 'n liefde wat blywend en ewig is. God is tevrede in Sy liefde vir ons (Zep 3:17; Jer 31:3; Eph 2:4).
Daarom is Hy barmhartig, betoon Hy genade en ontferm Hy Hom oor die mens. God is vergewendsgesind. Ons ontvang hierdie liefde van God nie vir wie of wat ons is nie, maar om Sy heerskappy en oppermag te beklemtoon. "Eer aan God alleen" (Deu 7:7,8; Deu 10:15; Job 7:17).
Is daar nog so 'n liefde wat onfeilbaar is, nog so 'n liefde wat nooit vergeet nie? Is daar nog 'n liefde wat ewige sekerheid aanbied? 'n Liefde, aan die mens gegee, deur Christus Jesus, ons Heer (Hos 11:4; Isa 49:15-16; Rom 8:39).
Kan ons hierdie liefde sien en ervaar?
Ja... menigmaal is Israel gered want Sy liefde is by hulle (Isa 43:3-4; Isa 63:9). 'n Blywende Lefde.
Ja... volgelinge van Jesus word deur God aangeneem, hulle word kinders van God.
Maar kinders van God word deur die wêreld verwerp en verstoot (1Jo 3:1) want die wêreld ken nie die liefde van God nie. Godsdiens word nie meer by skole toegelaat nie. Christensprekers word gestop om by openbare byeenkomste op te tree. Ja... die profeet Jesaja het dit ervaar (Isa 38:17). Wat is jou ervaring, jy wie se sondes vergewe is?
Ja... ons is geseënd. Ek en jy gaan slaap nie honger vanaand nie. Ons skep vreugde uit ons kinders en kleinkinders. Ons kan en mag werk. Ons het die voorreg om die wêreld te sien. Net soos ons weet dat God Israel geseën het (Deu 7:13).
Ja... God wil net die beste vir Sy Seun hê. Hy wil hê ons moet groei, beter word. Daarom staan daar ook in (Heb 12:6) geskryf dat Hy ons sal tugtig omdat Hy ons liefhet.
Ja... die slegte word oorwin en verander deur die liefde van God (Deu 23:5). Jesus is deur die wêreld aan 'n houtkruis gehang. Hy is dood en begrawe. Maar God het Hom laat opstaan.
Ja... God het gekies om ons lief te hê (1 Jhn 4:19). God het Israel as Sy volk gekies en hulle met liefde gelei. Uit liefde is Jakob gekies. As gevolg van Sy groot liefde is ook ons gekies om te lewe. Dit terwyl ons nog dood was. In ooreenstemming met Sy genade is ons gered en word ons deur die Heilige Gees nuut gemaak (Hos 11:4; Mal 1:2- 3
; Rom 9:11-13; Eph 2:4-5; Tit 3:4-7).
Ja... die Heilige Gees het God se liefde in ons harte geplaas (Rom 5:5).
Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is (Jhn 3:8).
Ja... wanneer die gelowige in God se liefde bly, word dit vervolmaak (1 Jhn 2:5; Jde 1:21). Daarom, as gelowiges mekaar liefhet, sal God in hulle bly (1Jo 4:12).
Jesus Christus, ons Here en Verlosser, is egter die grootste doelwit van God se liefde. Deur Jesus verkry ons die reg om in God se liefde te bly en te deel (Jhn 15:9-10; Jhn 17:26).
God het sy Seun gestuur om die wereld te kom verlos van die sonde (Jhn 3:16). Die Seun van God kom aarde toe. Onder die opdrag van sy Vader. Die Woord word vlees. Hier word die Vors 'n slaaf om aan 'n kruis gehang te word, waar Hy Homself aan die dood oorgee. Net sodat ons, sondaars wat die dood verdien, mag lewe (Rom 5:8).
Hierin is die liefde: nie dat ons God lief gehad het nie, maar dat Hy ons lief gehad het en sy Seun gestuur het as versoening vir ons sonde (1Jo 4:9-10).
God het ons lief.

No comments:
Post a Comment