Raad en doel van God
Ons is op pad na ons volgende stop. Die karakter van die mens.
(Mic 4:12) Ken nie die gedagtes van die HERE nie, en verstaan nie sy voorneme nie; Lees hoe die goddelose die planne van God minag in (Isa 5:19) en dan ook verwerp in (Luk 7:30)
Vader, dankie vir U doelgerigte plan waarop ons stewig kan staan. Dankie vir U raad waaraan ons kan vashou. Dit is so getrou en waar. Dankie vir U genade en liefde. Amen.
Maar voor ons daar kom, kom ons kyk na die raadgewing en doel van God vir ‘n oomblik. Dit is wysheid wat al ‘n lang pad loop. Lees gerus deur Salomo se Spreuke. Maar begin by hoofstuk 8 (Pro 8:1-36), waar wysheid self praat.
Sy raad is uitnemend. Altyd volkome betroubaar, sy wysheid altyd groot. Die HERE het Sy raad wonderlik gemaak. Hy ken elke mensekind en gee aan elkeen wat hom toekom (Isa 25:1; Isa 28:29; Jer 32:19).
God se plan (voorneme, doel) is onveranderlik vanaf die begin af (Psa 33:11). Die raad van die HERE staan vir ewig. Deur geslagte heen. Mense maak baie planne, maar dit is die raad van die Here wat staan (Pro 19:21, Jes 14:24, 27). Wie sal die HERE se hand terug trek, wie sal Sy planne verander? Dit was van ewig af so beplan dat Jesus Christus sou kom. Kyk maar na (Eph 3:11).
150 jaar voor Cyrus Babilon inval en oorwin en die Israeliete bevry wat vir 70 jaar in ballingskap was, vertel God aan Jesaja dit gaan so gebeur. Dit was so beplan (Isa 46:11). Al maak dit ook hoe seer om te weet Babilon gaan Israel verwoes, die plan staan vas (Jer 4:28). Nog voor Jakob se geboorte het God hom reeds geroep volgens Sy keuse (Rom 9:11). Ons HERE, gaan met die erfgename van die belofte ‘n eed aan.
Soewerein en ewig is die bedoeling en oogmerke van God. Wie gee die Gees rigting? Waar kom Sy kennis vandaan? Kan iemand tussen ons vra “Wat het U gedoen?” (Isa 40:13-14; Dan 4:35)
Dit was altyd die plan van God om Jesus aan die Israeliete uit te lewer (Act 2:23) en dat hulle gedoen net soos Hy bepaal het (Act 4:28). Jy sien, dit was van ewig af Sy voorneme. Om deur Jesus Christus die kerk aan al die magte in die hemelruim bekend te maak (Eph 3:11).
Die wat volgens Sy besluit geroep is en Hom lief het, vir hulle werk alles ten goede uit. Alles gebeur volgens Sy raadsbesluit. Kragtens Sy besluit word die geheim van ‘n verenigde hemel en aarde onder een hoof, naamlik Christus, aan ons bekend gemaak. Soos Hy dit bestem het, het Christus ons deel gemaak van Sy volk. Gelowiges word gered en verenig op grond van Sy besluit en genade en nie op grond van ons dade nie (Rom 8:28; Eph 1:9-11; 2Ti 1:9)
Luister na en hoor die plan van die HERE (Jer 49:20; Jer 50:45). Volgens (Deu 29:29) behoort die geopenbaarde dinge vir altyd aan ons. Maar die geheime dinge behoort aan die HERE. Slegs die Vader weet wanneer die Seun weer kom (Matt 24:36).
No comments:
Post a Comment